Videografie

Hoewel ons amper enige funksie of geleentheid kan verfilm en die meeste produksies kan behartig, spesialiseer ons in die volgende:

Trouseremonies

 

 

Dit is nie nodig om n ekstra verband op jou huis uit te neem om van ons videodienste gebruik te maak nie.
Ons top videopakket kos tussen ongeveer R 11 500 (Wesrand) en R 12 600 (Pretoria/Vaaldriehoek) wat die volledige geleentheid met sewe ure se verfilmingstyd dek. Dit strek vanaf die bruid- en bruidegom se aantrekkamers 30 minute voor die tyd, tot en met die laaste amptelike verrigtinge van die onthaal.
Die span bestaan uit twee kameramanne metvier kameras.
Jou heuglike dag word opgesom in n finaal-geredigeerde produksie van ongeveer 60 minute lank waarvan jy4 xDVD-kopies, 1 x USB-kopie asook n kort YouTube-video vandrie minute lank ontvang.

Promosies, Bemarking en Korporatief

Jou besigheid het reeds n lekker webblad waar voornemende klante meer van jou dienste te wete kan kom, maar jy kort n treffende bemarkingsvideo om jouself en jou produkte op die voorgrond te stoot. Geen sake-onderneming of publieke instansie kan vandag meer sy boodskap, produkte en dienste aan die publiek oordra sonder die krag van n visuele bemarkingsvideo op sosiale media nie.
Natuurlik is ons daar om jou te help vanaf die konseptualisering van die video, skryf van die teks en draaiboek, tot die verfilming en die finale redigering.
Jy kan jou bemarkingsvideo op verskeie plekke aanwend vir mense om na te kyk, soos onder andere op jou web- en Facebookblad.
Ons gemiddelde prys vir n uitstaande korporatiewe video in ons top-pakket beloop sowat R 22 700, maar dit beteken nie ons skeep die kleiner besighede of eenman-ondernemings af nie. Gesels openlik met ons oor jou begroting en behoeftes, en ons stel n pakket saam wat jou sak sal pas.

Musiekvideo

In die produksiebedryf is daar geen vasgestelde koste verbonde aan die vervaardiging van n musiekvideo nie. Dit kan wissel van enigiets tussen R 30 000 tot R 80 000, afhangende van jou behoefte en vereistes.
Maar wat van die opkomende sanger wat nog nie die finansiele rugstening van n groot platemaatskappy het nie? Ons kyk ook na hul behoeftes om seker te maak dat hulle ook n YouTube-video het om hul loopbaan n hupstoot te gee. Afhangende wat jy verlang, kan ons iets vir jou bied vanaf ongeveer R 8 000.

Spesiale lewensgebeurtenisse
https://youtu.be/KidKCHaUD6o

In elkeen se kort lewensbestaan is daar verskeie mylpale verpak, soos byvoorbeeld doopsgeleenthede, spesiale verjaarsdae, inhuldigings en ander byeenkomste.Ons wil dit graag met jou deel en aan jou n DVD verskaf om jou altyd aan di spesiale dag te herinner. Boonop hoef dit jou nie n plaas se geld te kos nie, want ons kan vir jou n sak-pas-prys aanbied.

Ander voorbeelde van videowerk deur Allemintig Produksies

BEMARKING: Nostalgiese rit aangebied deur Friends of the Rail

MEDIA: Spesiale dag vir lesers van Hoezit!

MEDIA: Rockgroep net voor hul CD-uitreiking, OKAY!

AKTUALITEIT: Premiere-aand van die fliek, Vir die Voels

 

Share Button