Meer oor ons

Wanneer Allemintig n produksiespan saamstel vir jou produk, kies ons mense in die bedryf wat die mees geskikste en bekostigbaarste vir jou behoefte is. Die aantal mense in die span sal ook verskil van opdrag tot opdrag. Dit kan wissel van twee of drie persone vir geleenthede soos troues, of tot ses of agt mense in groter produksies soos byvoorbeeld vir n omvattende bemarkings- of korporatiewe video.

In beheer van die video-produksiespanne is JACCI COETZEE wat tydens die meeste produksies self ook agter die kameras sal wees.
Hy is n 50% vennoot van Allemintig en opgelei in talle fassette van die film- en videobedryf vanaf kameraman, eenheidbestuurder tot produksie-assistent. Die afgelope drie jaar was hy deel van die tegniese spanne van sowat agt Afrikaanse rolprente, wat insluit Kampterrein, Vir die Vols, Jou Romeo, Suiderkruis en Dis ek, Anna.
Onder sy leiding vervaardig Allemintig ook YouTube-nuusinsetsels vir aanlynpublikasies van ondermeer Media24 en die ATKV.

Wanneer ons n fotografiepakket vir huwelikseremonies saamstel, is LIZMARIE RICHARDSON deel van die span. Hierdie ervare fotograaf met 10 jaar se ondervinding in huweliksfotografie, is veral bekend vir die vriendelike en menslike manier waarmee sy met klante werk, om sodoende die beste en spontaanste fotos van jou troudag te verseker.
Sy is ook een van die gereelde fotograwe van die jaarlikse Fashion Week-byeenkoms in Sandton, en doen ook werk vir verskeie Media24-publikasies. Sy is ook beskikbaar vir korporatiewe- en sosiale funksies.

CASANDRA DODGEN is een van die grimeerkunstenaars wat ons gebruik vir fotosessies vir paartjies en families. Sy is ook beskikbaar vir ander geleenthede soos byvoorbeeld matriek-afskeidsfunksies, of indien jy net professionele grimering verlang vir n spesiale aand uit.
Sy het haar grimeer-kwalifikasie by Face to Face verwerf en maak slegs gebruik van die kwaliteit produkte-reeks van MAC en Kroylan.
Een van Casandra se uitstaande eienskappe is dat sy nooit n grimeersessie verlaat voordat die klant nie 100 persent tevrede is nie.

Wanneer Allemintig n bemarkings- of advertensievideo vervaardig, is JACO HOUGH-COETZEE verantwoordelik vir die konseptualisering, teks, draaiboek en regie van die produksie.
Die gesoute skrywer, joernalis en storieverteller het drie ATKV-mediaveertjies-nominasies vir sy werk in die bedryf ontvang en is ook onder andere die skrywer van die 2015-topverkoper roman, Van Skoolbank tot Bordeelbed.

Vir die stemwerk van jou bemarkingsvideo kan ons van enige stemkunstenaar van jou keuse gebruik maak, maar ons aanbeveling is die stemme van RICHARD VAN DER WESTHUIZEN of ANRICH HERBST.

WYE TOERUSTING-REEKS OM VAN UIT TE KIES

Allemintig Produksies maak van n wyd uiteenlopende video-toerustingreeks gebruik, afhangende van die geleentheid en jou behoeftes.

Sony EX3 XDCAM

Wat kameras betref, strek dit vanaf die intreevlak Nikon D5100-SDLR (vir kleiner en lae begroting funksies) tot die Sony EX3 XDCAM en Sony PMW 150 (vir produksies van n groter en duurder omvang), Go-Pro Hero en n DJI Osmo.
Ons is verder ten volle toegerus met alle moontlike toerusting wat jou videoproduksie kan benodig. Dit sluit in n dolly, tracks, mini jib, grips, n slider asook addissionele beligting en mikrofone.

Mini Jib

Vir groter produksies het ons ook n Drone beskikbaar vir lugskote om daardie ietsie ekstra aan jou video te verleen.

Uit die aard van die saak maak ons nie van al die bogenoemde toerusting gebruik op elke videoproduksie nie, want hoe meer toerusting ons gebruik, hoe duurder raak die prys. Volgens ons siening is ekstra duur toerusting vir privaat geleenthede soos huweliksonthale, partytjies en ander funksies onnodig, maar weer noodsaaklik vir korporatiewe behoeftes soos n bemarkingsvideo of n musiekvideo.
Daarom verwag ons van voornemende klinte om spesifiek met sy behoeftes en eerlik oor sy begroting te wees, sodat ons die bes moontlike pakket, produksiespan en toerusting kan voorstel binne die grenslyne van die begroting.

Share Button