Fotografie

Allemintig se fotografiese dienste dek n wye spektrum soos onder andere huwelikseremonies, verjaarsdae en ander spesiale geleenthede, paartjies en families, asook matriekafskeid en modefunksies.
Ons doen ook fotografie vir mediapublikasies, mediafunksies en eiendomsagente.

Algemene prysriglyne met voorbeelde van ons werk
(Kliek op n album om na die voorbeelde daar binne te kyk.)

Huwelikseremonies
Die gewildste pakket kos sowat R 7 500 wat uit 300 fotos bestaan, gelewer aan jou op n USB-stokkie. Hierdie pakket dek die hele geleentheid, vanaf die aantreksessie van die bruid en die bruidegom voor die seremonie tot en met die laaste formaliteite tydens die onthaal.
Goedkoper, sowel as meer omvattende pakkette, is op aanvraag beskikbaar.


Verjaarsdagpartytjies (vir groot- en kleinmensies)
Ons sal daardie spesiale mylpaal in jou of jou kind se lewe in sowat 60 fotos saamvat, sodat die herinneringe van die dag altyd by jou sal bly. Fotografie-tyd van twee ure by partytjie kos sowat R850.

 

Eiendomme
n Foto vertel n duisend woorde, daarom weet eiendoms-agente dat gepaardgaande fotos noodsaaklik is wanneer hulle hul beskikbare eiendomme aanlyn adverteer. In die kompeterende mark van vandag is gewone selfoon-fotos egter nie meer voldoende nie, daarom sal ons vir jou n stel professionele fotos lewer wat dadelik die aandag van potensiele kopers sal trek.
R200 tot R300 per eiendom, gebaseer op n maandelikse pakket.

 

Media en publisiteitsmaatskappye
Fotografie vir die gedrukte- en aanlynpublikasies, wat insluit nuusstories, sosiale funksies en ander geleenthede wat gefotografeer moet word.

 

Paartjies en families
Wanneer laas het jy spontane fotos van julle as gesin of familie laat neem? Of romantiese fotos van jou en jou geliefde? Miskien is dit nou die regte tyd daarvoor! Ons doen dit in enige buitelug omgewing van jou keuse om daardie tikke natuurlikheid aan die fotosessie te verleen.
R750 vir sowat 30 fotos, verskaf op n USB-stokkie.
Vir n ekstra R400 bring ons n grimeerkunstenaar saam wat seker sal maak jou gesiggie bly mooi gedurende die hele fotosessie.

 

 

 

 

Let wel

  • Pryse van toepassing op die groter Wesrand-gebied (Melville tot Krugersdorp). Pryse in ander areas op aanvraag.
  • Pryse is by benadering en kan van klant tot klant verskil volgens elkeen se persoonlike behoeftes.
  • Kontak ons vir n kwotasie vir enige ander geleentheid vir ons fotografiese dienste.
Share Button