Afslag

Ons bring elke maand spesiale aanbiedings teen n groot afslag wat jou baie geld kan spaar. Natuurlik net vir n spesifieke tyd en vir n beperkte aantal mense. Hier is ons spesiale afslag-aanbiedings vir die res van die jaar:

Kinderpartytjies (Julie 2017)
Gratis fotopakket ter waarde van R 1 000 saam met jou DVD-opname

Jy het weke lank beplan om van jou kind se verjaarsdagpartytjie n onvergeetlike ondervinding te maak. Hoekom moet dit dus ophou wanneer die laaste gaste vertrek en die ballonne afgeblaas is?
Verewig die kosbare geleentheid met n DVD-opname wat die partytjie in ongeveer 30 minute opsom, sodat jy, jou familie en vriende dit vir altyd kan herleef!
Ons normale prys hiervoor wissel tussen ongeveer R 2 600 (Wesrand) en R 3 300 (Pretoria/Vaaldriehoek), met n addisionele R 1 000 wanneer jy ook ons bykomende fotopakket van sowat 60 fotos bestel.
Maar tydens Julie gee ons vir jou hierdie fotopakket gratis saam met jou DVD-opname!
Behalwe vir jou volledige DVD- en fotopakket ontvang jy ook n verkorte video-insetsel wat die partytjie in drie minute opsom wat jy op Facebook en ander platvorms met jou vriende kan deel.

Video-pakket vir huwelike (Augustus en September 2017)
Bespaar R 3 000

Ons top videopakket vir huwelikfunksies kos tussen ongeveer R 11 500 (Wesrand) en R 12 600 (Pretoria/Vaaldriehoek). Dit sluit in twee kameramanne en ses ure verfilmingstyd tydens die geleentheid. Die eindproduk word opgesom in sowat 50 minute in n finale DVD waarvan jy drie kopie ontvang.
Maar tweehuwelikspare wat in Augustus of September trou, kan hierdie top pakket teen n verlaagde tarief van tussen R 8 500 (Wesrand) en R 9 600 (Pretoria/Vaaldriehoek) kry.
Dit beteken n besparing van sowat R 3 000!

Korporatiewe- en bemarkingsvideo (Oktober en November 2017)
Bespaar meer as R 6 000

Geen sake-onderneming of publieke instansie kan vandag meer sy boodskap, produkte en dienste aan bestaande of voornemende klante bekendstel sonder die krag van n visuele bemarkingsvideo op sosiale media nie.
Natuurlik is ons daar om jou te help vanaf die konseptualisering van die video, skryf van die teks en draaiboek, verfilming tot die finale redigering. Jy kan jou bemarkingsvideo op verskeie plekke aanwend vir mense om na te kyk, soos onder andere op jou web- en Facebookblad.
Ons gemiddelde prys vir n uitstaande korporatiewe video beloop sowat R 22 700, maar in Oktober en November kan ons dit vir twee instansies bied teen ongeveer R 16 700 in die Johannesburg- en Pretoria-areas.
Jy bespaar dus meer as R 6 000 indien jy van hierdie aanbod gebruik maak!

Terme en voorwaardes

  • Pryse soos hierbo genoem is na benadering. Finale prys sal bepaal word volgens jou spesifieke behoeftes en die adres waar verfilming plaasvind.
  • Spesiale pakkette is onderhewig aan ons beskikbaarheid en is slegs van toepassing in die spesifieke maand soos aangedui.
  • Aangesien ons net n beperkte aantal klante hiermee kan akkomodeer, moet jy so gou as moontlik met ons praat en jou bespreking met n 40 persent deposito bevestig.

Laat weet ons deur middel van hierdie kontakvorm as jy van een van hierdie spesiale aanbiedings gebruik wil maak:

Voltooi
* Verpligtend
Share Button